​6 stylvolle voorbeelde van skeepsvraghouer huise

Johannes van Graan Johannes van Graan
쭈욱 게스트하우스, 쭈욱 게스트하우스 쭈욱 게스트하우스 منازل
Loading admin actions …

Meeste mense het al gehoor van skeepsvraghouer huise (of houer huise, soos ons dit hier op homify noem), maar net vir ingeval jy nog in die duister is, laat ons jou gou opvang.

Hierdie indrukwekkende manier van huise bou (ou skeepsvraghouers wat omskep word in goedkoop bewoning) het in die 1960s begin en net al hoe meer gewild geraak, eers oorsee en toe hierso in Suid-Afrika. 

Die feit dat die huise na hartelus verander en opgestyl kan word maak hulle net meer gewild, soos hierdie 6 voorbeelde vir jou sal aandui…

1. Groot en gerieflik

homify منازل

Wie’t gesê jy kan nie meer as een skeepsvraghouer gebruik nie? Hierdie treffende ontwerp maak van ‘n paar gebruik om ‘n heel ruim en stylvolle woning op te tower. Die grondvloer is bestem vir die leefspasies (kombuis, sitkamer ens.) terwyl die boonste verdiepings vir die meer private kamers bedoel is (badkamers en slaapkamers).

2. Spierwit skepping

Sou jy kon raai dat ‘n ou skeepsvraghouer in só iets omskep kon word? Danksy die nuwe styl en kleur, lyk hierdie houer huis so asof hy perfek langs ‘n rustige strand iewers behoor te staan!

3. Monochroom kleure

Vir ‘n bietjie kontras, werk hierdie swart-en-wit skepping perfek. En ons is mal oor daardie trap ontwerp wat die grond met die boonste verdieping verbind.

4. ‘n Bont styl

Hierdie houerhuisies in Suid-Korea is bestem vir vakansiegangers – en ons is seker hulle is heel gewild danksy hul oulike boustyltjies, balkonnetjies en helder kleure!

5. Super modern

homify منازل

Kyk nou net wat kan als met ‘n skeepsvraghouer gedoen word – glasdeure, stoepe, afdakke ens. Lyk dit nie soos ‘n lekker uitspanplekkie vir vakansie nie?

6. Elegant gebou

Danksy die nuwe materiale wat buite bygevoeg is (hout, yster, glas ens.), sou baie min mense kon raai dis eintlik ‘n houer huis dié. En jy kan maar seker wees die binnekant is net so super modern en stylvol soos die buitekant!

Kyk bietjie na dié 13 huise wat die skeepsvraghouer styl geniet.

تريد مساعدة في إتمام مشروع بيتك؟
تواصل معنا الآن

يبرز من مجلتنا