12 wonderlike voorbeelde van “skei skerms” vir jou huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
APTO. J & C, Matheus Menezes Arquiteto Matheus Menezes Arquiteto غرفة المعيشة
Loading admin actions …

Wanneer dit by groot- en oopplan vertrekke kom, is die meeste mense mal oor die ekstra spasie en wat dit aan die atmosfeer van ‘n huis kan doen – die meeste mense, ja, maar nie almal nie. En ook nie met elke liewe vertrek nie. Somtyds wil mens mos maar bietjie privaatheid geniet, of hê dat daardie een, groot vertrek eerder funksioneer as twee afsonderlike spasies.

Vir hierdie gevalle kan baie metodes aangewend word, maar vandag wil ons net op een van hulle fokus: ‘n eenvoudige skerm wat heel stylvol twee vertrekke skei, maar hulle nog steeds op ‘n manier verbind (hang natuurlik af van die betrokke skerm, sy materiale en styl).

Kom ons beloer so paar voorbeelde van “skei skerms”…

1. ‘n Heel elegante houtskerm wat ook as ‘n oop boekrak kan instaan.

2. Ons almal weet hoe veelsydig hout is en hoe dit perfek kan inpas by enige ontwerp.

homify غرفة المعيشة

3. Is jy ook mal oor die geometriese patroon van hierdie skerm in die agtergrond?

4. Is dit ‘n muur? Is dit ‘n ondeursigtige skerm? Wat ons wel weet is dis super stylvol!

5. Voel vry om jou skei skerm te gebruik vir jou meubels en dekor, nes hier gewys.

homify غرفة المعيشة

6. Sirkels, lyne, of enige ander patroon wat jy verkies? Hierdie vertrek weet net hoe om hulle te kombineer.

7. Moenie vergeet dat skerms ook heel suksesvol kleur(e) kan byvoeg tot jou vertrek nie.

8. Sien jy hoe ‘n skerm nog steeds toelaat dat daar ‘n verbintenis is tussen vertrekke? Baie beter as ‘n toe muur.

homify غرفة المعيشة

9. Ons is versot op hierdie vertikale ontwerp wat aanklank vind by die houtrakkies en –kassies aan die regterkant.

10. Onthou dat jy ook potplante en blomme kan byvoeg wat jou vertrekke nog meer visueel kan skei.

11. Daar is beslis ‘n skei skerm vir elke smaak onder die son!

12. Hoe sal hierdie ontwerp lyk in jou huis?

Nie een vir skerms nie? Kyk dan na hierdie 7 maniere om oopplan vertrekke te skei.

تريد مساعدة في إتمام مشروع بيتك؟
تواصل معنا الآن

يبرز من مجلتنا