​Hoe jou huis krag kan spaar

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify غرفة المعيشة
Loading admin actions …

Tegnologie maak beslis die lewe makliker – kan jy jou indink hoe dit moet wees om sonder die luuksheid van ‘n televisie, yskas of skottelgoedwasser te leef? Maar natuurlik kan al hierdie toestelle wat ons lewens makliker maak (en ons kombuisesitkamers, ens, soveel meer stylvol laat lyk) ons ook duurder uitwerk, aangesien elektrisiteit (wat nie gratis is nie) ook ‘n rol speel. 

Kom ons kyk bietjie wat jy in jou huis kan doen om bietjie minder aan die einde van die maand te betaal…

1. Maak oop daardie vensters

homify غرفة المعيشة

‘n Bietjie natuurlike ventilasie maak beslis ‘n verskil, om nie eers te praat van wat natuurlike beligting aan ‘n vertrek kan doen nie. Dus, moenie altyd eerste die waaier of lugverkoeler aanskakel nie – somtyds is ‘n vars briesie van buite af ewe suskesvol.

2. ‘n Gasstoof

Aangesien ‘n gasstoof nie elektrisiteit gebruik nie, kan dit beslis ‘n verskil aan jou maandelikse elektrisiteitsrekening maak.

3. Gebruik jou oond reg

Moenie jou oonddeur te veel oopmaak gedurende ‘n baksessie nie (weet jy hoeveel hitte ontsnap elke keer?). En om nog ekstra krag te spaar, kan jy maar jou oond afskakel so vyf minute voor die klokkie afgaan, aangesien jou oond vir bykans nog 10 minute genoeg hitte gaan afgee vir daardie dis.

4. Sit af, sit af

Skakel alle lamp- en kragpunte af wanneer dit nie gebruik word nie (daar is geen rede hoekom jou televisie, radio, ens. se kragpunte moet aan wees terwyl jy slaap nie).

5. Kry ‘n iPad of laptop

homify

Nog ‘n rede hoekom jy vir jou ‘n iPad moet aanskaf, aangesien hulle baie minder krag as ‘n “desktop” rekenaar (PC) gebruik wat permanent ingeplug moet wees!

6. Was mooi

homify حمام منسوجات واكسسوارات

Moenie daardie wasmasjien aanskakel vir elke liewe sokkie nie – sorg dat jy ‘n vol, ordentlike bondel het voor jy wasgoed was om nie onnodig krag (en water) te gebruik nie.

7. Maak skoon jou yskas

homify مطبخ

Vriestemperature moenie laer as nodig (18 °C) gestel word nie, aangesien dit elektrisiteit vermors. En moenie toelaat dat ys opbou nie. Kisvrieskaste moet een of twee keer per jaar ontvries word en regop vrieskaste twee of drie keer per jaar.

Maar daar’s nog, soos hierdie 7 maniere hoe om elektrisiteit te bespaar.

تريد مساعدة في إتمام مشروع بيتك؟
تواصل معنا الآن

يبرز من مجلتنا