Kombuise bied soveel opsies, en ons praat nou nie net van kleure en style nie: van lineêre uitlegte en L-vormige ontwerpe tot oopplan kombuise-en-eetkamers, kan mens kies en keur totdat jy die perfekte uitleg kry wat by jou styl en spasie pas.
Vandag beloer ons een van die gewildstes: die U-vormige uitleg, wat by groot en klein spasies kan pas. Voeg daarby die feit dat hierdie uitleg al jou kombuis toestelle lekker naby mekaar plaas, en ons kan heeltemal verstaan hoekom soveel ontwerpers en argitekte met hierdie opsie gaan.
Van een vorm na ‘n ander – hier’s 9 foto’s van ‘n L-vorm kombuis vir jou inspirasie.