​Die perfekte huis vir jou sterreteken

Johannes van Graan Johannes van Graan
REMODELACIÓN AJUCHITLÁN, Loyola Arquitectos Loyola Arquitectos منازل
Loading admin actions …

Wanneer dit by astrologie kom, kan mens sê dat die wêreld in twee gedeel is: dié wat daaraan glo, en dié wat dit as loutere onsin beskryf. Alhoewel ons nou nie enigiemand gaan dwing om daaraan te glo nie, kan mens nie ontken dat dit nogal lekker vermaak kan verskaf nie.

Dus, met die tong in die kies, bekyk ons die 12 sterretekens en hoe elkeen se perfekte huis ontwerp (aan die buitekant) behoort te lyk.

Soek maar jou teken hier onder en besluit self of jy saamstem…

1. Ram: In terme van materiale, bestaan daar geen konkrete wette nie; dus, voel vry om hout, beton, glas ens. na hartelus te meng!

2. Bul: Veiligheid kom eerste, en daarom is net die beste en sterkste ontwerpe goed genoeg. Klipmuur en sterk houthek? Perfek!

3. Tweeling: Konstante kontak met die natuur is ‘n moet, so ons stel voor groot vensters en ‘n lekker welige tuin wat jou huis omring.

4. Kreef: Aangesien dié teken oor familie en gemak is, beter jou huis genoeg spasie vir sosiale geleenthede, asook helder beligting, aan die buitekant hê.

5. Leeu: Enigiets wat aandag trek is welkom, soos hierdie elegante hek ontwerp van stylvolle staal.

6. Maagd: Dink aan spasies wat skoon en suiwer is, soos ‘n netjiese stoep van ligte neutrale kleure.

homify منازل

7. Weegskaal: Aangesien dit oor balans gaan, beter die Weegskaal se huis glad nie oordryf met styl of ontwerp nie. Die Minimalistiese styl kan goed werk.

homify منازل

8. Skerpioen: Intimiteit is belangrik, dus moet jou huis baie privaat voorkom en nie te veel weggee wat aan die binnekant aangaan nie.

9. Boogskutter: Die reisiger van die sterretekens sit nie lank stil nie, dus benodig hy ‘n styl wat subtiel en skoon voorkom, soos neutrale kleure en ‘n paar potplante.

10. Steenbok: Enige moderne ontwerp wat jou welkom laat voel (soos ‘n groot stoep en netjiese tuin) is ideaal.

homify منازل سيراميك

11. Waterdraer: Die vriendelikste van al die tekens, so maak seker jou huis laat gaste dadelik tuis voel – ‘n afdakkie, mooi plante, en lekker groot vensters.

12. Visse: Ons keer terug na die minimalistiese styl, maar probeer om ook die kleur blou iewers in te sluit. En as jy ‘n fontuin kan bysit, soveel beter!

homify منازل

تريد مساعدة في إتمام مشروع بيتك؟
تواصل معنا الآن

يبرز من مجلتنا